Simmetrie

Wat is simmetrie?

'n Vorm het simmetrie as die een helfte presies dieselfde as die ander helfte lyk, maar in die teenoorgestelde rigting wys.

Wat is lynsimmetrie?

'n Vorm het lynsimmetrie as 'n reguit lyn dit in twee IDENTIESE helftes kan verdeel.

'n Simmetrielyn is die lyn wat 'n vorm in twee identiese helftes verdeel.

Wat is rotasiesimmetrie?

'n Vorm het rotasiesimmetrie as jy dit kan roteer (draai) om in homself te pas VOORDAT 'n volle omwenteling voltooi is.


Orde van rotasiesimmetrie:

Die aantal kere wat die vorm in homself pas terwyl die omwenteling voltooi word.