Volume

Wat is volume?

Volume is die hoeveelheid ruimte wat iets beslaan. Ons bereken dit deur die lengte, breedte en hoogte met mekaar te vermenigvuldig. Die antwoord wat jy kry word in kubieke eenhede geskryf.


Die formule vir volume is:

V = l x b x h


BELANGRIK - die EENHEDE moet DIESELFDE wees voor jy die sye met mekaar vermenigvuldig.