Oppervlakte

Wat is oppervlakte?

Oppervlakte is die hoeveelheid ruimte wat 'n vorm dek. Ons bereken dit deur die lengte en breedte met mekaar te vermenigvuldig. Die antwoord wat jy kry word in vierkante eenhede geskryf.


Die formule vir oppervlakte is:

A = l x b


BELANGRIK - die EENHEDE moet DIESELFDE wees voor jy die sye met mekaar vermenigvuldig.