3D-voorwerpe

Wat is 'n 3D-voorwerp?

Dit is voorwerpe wat 3 dimensies het: lengte, breedte en hoogte.


Ons kry prismas en piramides. Let op na die verskil tussen hulle:

Prisma: 'n 3D-voorwerp wat twee identiese, plat ewewydige vlakke het wat veelhoeke is. 'n Prisma bestaan uit meer vierkante of reghoeke as ander vorms vir vlakke.

Piramide: 'n 3D-voorwerp waarvan die basis 'n veelhoek is en al die ander vlakke driehoeke is. 'n Piramide bestaan uit meer driehoeke vir vlakke as enige ander vorm.


Wat is 'n vlak?

Dit is 'n plat oppervlakte van 'n voorwerp.


Wat is 'n rand?

Dit is die lyn waar twee vlakke van 'n 3D-voorwerp ontmoet.


Wat is 'n hoekpunt?

Dit is die punt waar drie of meer vlakke van 'n 3D-voorwerp ontmoet.