Patrone

Wat is 'n vloeidiagram?

Ons kan 'n vloeidiagram gebruik om te wys hoe jy berekeninge gedoen het.


Inset- of invoergetal: Die getal waarmee jy begin.

Uitset- of uitvoergetal: Die antwoord op die berekening.


Wat is 'n reël?

'n Getalle-berekening wat 'n insetgetal na 'n uitsetgetal verander.

Die reël begin altyd:

  • DIE VERSKIL IS WAARMEE EK MAAL.

  • Kyk dan hoeveel bygevoeg (+) of weggevat (-) moet word.

  • TOETS dit om te kyk of die reël vir die ander insetgetalle ook werk.