Omtrek

Wat is omtrek?

Omtrek is die totale afstand om die buiterand van 'n vorm. Die omtrek van 'n vorm word bepaal deur die lengtes van die sye te meet en bymekaar te tel.

BELANGRIK - die EENHEDE moet DIESELFDE wees voor jy die sye bymekaar kan tel.