Getalsinne

Wat is 'n getalsin?

'n Getalsin is 'n sin waar syfers, in plaas van woorde, gebruik word. Daar kan 'n syfer ontbreek wat gevind moet word om die sin waar te maak.

Die volgorde van bewerkings (BODMAS) is baie belangrik om die korrekte getal te vind wat ontbreek.

Wat is 'n ekwivalente getalsin?

Twee getalsinne is ekwivalent as hulle ANTWOORDE DIESELFDE is, of as een daarvan verander kan word om dieselfde as die ander te wees.