Optel en aftrek van breuke

As die breuke se NOEMERS dieselfde is, kan jy hulle maklik optel of aftrek.

Indien die noemers nie dieselfde is nie, moet jy dit eers dieselfde maak VOOR jy enige iets optel of aftrek.


Wat is 'n egte breuk?

Dit is breuk waar die teller kleiner is as die noemer.


Wat is 'n onegte breuk?

Dit is 'n breuk waar die teller groter is as die noemer.


Wat is 'n gemengde getal?

Dit is 'n getal wat uit twee dele bestaan: 'n heelgetal en 'n egte breuk.